Teks: Regina Malan. Artikel uit die Oktober 2015 uitgawe van rooi rose Tydskrif.
Elkeen wat lief is vir lees sal ‘n boek kan uitsonder wat soos ‘n lig in ‘n donker straat skyn. Ons het ‘n paar bekendes gevra watter boeke uit hul leeservarings hulle diep beinvloed het.
Ek het altyd gedink die Paradys sal ‘n soort biblioteek wees,” het Jorge Luis Borges gese. Hy was ‘n groot skrywer en ‘n reus in die Suid-Amerikaanse Spaanse letterkunde. Enige boekliefhebber sal sy woorde beaam. Jy verbeel jou reusagtige biblioteke met rakke vol boeke – jou poort tot soveel wyse, geleerde, snaakse, aweregse, rebelse, spirituele, geniale geeste.
‘n Paar boekliefhebbers sonder die boeke uit wat ‘n groot indruk op hulle gemaak het en selfs n lewensveranderende invloed gehad het.
Nic De Jager
Nie is baie jare lank reeds bekend as akteur en as die radioman met die rustige stem. Sy program, Nicse Goed, is deesdae baie gewild op RSG.
“Hier in die middel-70’s het ‘n vreemde virus my vir ‘n goeie teiken aangesien. Verskeie diagnoses later het die mediei hesluit dit moet Marburgkoors wees – iets wat min mense oorleef en wat besonder aansteeklik is. Met loeiende sirenes het ons by die ou Johannesburgse Koorshospitaal aangekom – die een wat vroeer Weermagbarakke was – en ek is onmiddellik in ‘n afgesonderde glaskas gestop. Na twee weke van Marburgkoors, waar almal maskers gedra het en half my kos onder die deur ingestoot het, het hulle agtergekom dat dit eintlik maar net akute lewerontsteking was.
“Maar in die tyd van afsondering was ‘n boek met die vreemde naam, Zen and the Art of Motorcycle Maintenance, my belangrikste leesstof. Geskryf deur Robert M. Pirsig, was dit ‘n mengsel van Zen-beginsels, gekombi-neer met die beskrvwings van ‘n motorfiets-reis deur Amerika. By die lees daarvan het die mure van my inperkende glaskas verdwyn en was ek saam met Robert en sy Zen-vriende in die omtes van Arizona en die Midde-Weste. Na baie jare is ek vandag nog oortuig van die waarde van Zen-beginsels.
“Dit was ook een van die belangrikste redes hoekom daar kort na my ontslag uit die Koorshospitaal ‘n oranje BMW R90S – destyds die topmodel in my motorhuis kom staan het.”
Erica Wessels
Erica is deesdae een van die besigste en gewildste aktrises in Suid-Afrika en het onder meer indruk gemaak met haar vertolkings in die flieks Die Wonderworker en Treurgrond.
“Twee boeke het my diep geraak en was lewensveranderend in die seisoene wat ek hulle raakgelees het – Wally Lamb se She’s Come Undone in my vroee jare twintig en The Eden Project deur James Hollis in my middeldertigs.
“Lamb, hoewel hy ‘n manlike skrywer is, se beskrywing van die delikate vroulike vormingsjare, waar identiteit, die psige en seksualiteit bevraagteken word, is fyn en raak. Hierdie vormings tyd word so akkuraat en emosioneel kwetsbaar en terselfdertyd komies briljant geskep dat die boek my laat lag, huil en groei het.
“The Eden Project is ‘n meer volwasse leeservaring. Ek stel belang in verhoudings, sielkunde, romanse, kultuur en die same-smelting van die verskeie temas. Hollis ondersoek die romantiese fantasiee wat ons as ‘n kultuur koester en die ingewikkeldheid van kinderjare, projeksies en die begeerte om ge’red’ te word, ‘n Boekwatjou intellektueef geweldig stimuleer.”
Carina Stander
Bekende kunstenaar, skrywer, digter en joernalis – ‘n mens gewortel in kreatiwiteit.
“Ek was tien toe Nils Holgersson my op reis gevat bet. Saam met bom op die rug van ‘n buisgans geklim en met ‘n spul eksentrieke wildeganse na Lapland migreer. VIug na vlug het ons ‘n bosbrand oorleef; ‘n versonke stad en towertuin ontdek; met here vriende gemaak en geleer om soms liewer jou snawel te hou en jou brein te gebruik.
“Nils Holgerssons underbara resa genom Sverige van die skrywer Selma Lagerlof het in 1906 verskyn. Maar die stories is so tydloos, die vertellings, volksverhale en mondlegendes so interessant en die seuntjie se stryd tussen kind wees en grootword so lewensgetrou, dat ek die Afrikaanse Vertaling vir my seuns lees.
“Eintlik kan ek by elke penveer sweer dat Nils Holgersson my wereldbeeld gevorm het. Wanneer Smirre die jakkals in die omte is, blaas Nils die fluitjie aan die punt van sy mus tjierrr! in die kliponnoselle vos se oor dan is al die probleme sommer oor en uit. O velskoen! dog ek. Daardie fluitjie in my kar en die een in my handsak en die een in my bergklimsak – wat soek bulle daar? Glo ek sowaar dat ‘n fluitjie se skril gegil rondloperbrakke en skurke sal afskrik? Waarom dompel dieretuine my in die dieptes van depressie? Hoekom sit ek altyd in ‘n vliegtuig by die venster en het ek hierdie brandende nuuskierigheid wat my laat reis, reis, reis? Nils se skuld, alles Nils se skuld!
“Met die koms van elk van my kinders is daar een stuk leeswerk wat ek getrou doen: ek lees die duisende bladsye van die What to Expect-reeks van Heidi Murkoff. Van dag een van my swangerskap tot aan die einde van die peuterjare lees ek dit met ‘n potlood in die hand terwyl ek kantaantekeninge maak. Eers begelei die legendariese What to Expect when you’re Expecting jou maand-tot-maand deurdie swangerskap. Daarna volg die ewe briljante What to Expect in the First Year en What to Expect in the Toddler Years. Die boeke het ‘n geweldige groot invloed op hoe ek en Gerrit ons kleingoed fisiek en emosioneel eerstaan, versorg, stimuleer, bespeel en geniet!
“Myskryfwerk (veral my roman Wildvreemd) is beslis geinspireer deur die Kanadese ‘prose poets’ Michael Ondaatje en Anne Michaels. Die wyse waarop hulle menslike tragedie, geskiedenis, feit en fiksie met medemenslikheid oordra, raak my ten diepste. Daar is oomblikke in Ondaatje se The English Patient wanneer die digtersinstink oorneem, oomblikke wat jou jaag lank nadat jy die boek gebere het. (I wanted to touch the hone at your neck, collarbone, it’s like a small hard wing under your skin.’ ‘I love the word ‘curl,’such a slow word, you can ‘I rush it…’)
“Fugitive Pieces van Anne Michaels het ek gelees die week nadat ek in 2010 ‘n dogtertjie verloor het. Michaels se sin: “His death was quiet; rain on the sea,” het definisie gegee aan dit wat ek in die routyd onmoontlik kon verwoord. Michaels en Ondaatje se benadering tot skryf herinner my aan D.H. Lawrence se motto:“Make tenderness an act of courage.” Dit is iets wat ek met my hele hart in al my skryfwerk wil vermag.”
Marietta Kruger
Marietta was jare lank ‘n vertroude gesig op TVnuusskerms en is steeds ‘n geliefde stem op radio.
“Vroegerig in my hoerskooljare het ek Dolf van Niekerk se Die Son Struike! gelees. Ons het ‘n begeesterde onderwyseres, Betsie van der Westhuizen, gehad wat vir ons Afrikaanse letterkunde aan die Hoerskool Gimnasium op Potchefstroom gegee het. Sy het lees aangemoedig en ons was bevoorreg om ‘n baie goeie biblioteek te hê.
“Die Afrikaans wat Dolf van Niekerk in sy werk gebruik het, was vir my heeltemal anders as waaraan ek gewoond was. Goeie beeldspraak, buitengewone verwysings na die natuur en ‘n goeie skeut geskiedenis oor die rebellie, mynstakings en meer. Lank nadat ek die boek gelees het, het ek daaraan bly dink. Later lees ek dit weer. Telkens het ek ‘nuwe’ dinge raakgelees. Die Son Struikel is nie ‘n lywige werk nie, maar dis dig geweef en het ‘n groot indruk op my kindergemoed gemaak. Miskien onthou ek die boek so goed juis omdat ek baie jonk was toe ek dit gelees het.”
Ilse Salzwedel
Bekroonde joernalis, skrywer en tans aanbieder van RSG se program Skrywers en Boeke.
“Ek lees feitlik alle genres (behalwe wetenskapfiksie) en geniet altyd biografiese werke. Met elke lewensfase is daar boeke wat uitstaan. Trompie in graad 2 het my laat besef dat ek nooit weer sonder ‘n boek wil wees nie. En ek was nog nooit nie. ‘Party boeke maak dat jy jou lewe wil verander, ander wys jou hoe. Rian Manser se Around Africa on my Bicycle en Aher Arop Bol se The Lost Boy verskil soos dag en nag, maar albei is ware verhale en het ‘n belangrike tema gemeen: deursettingsvermoe. Albei boeke het my diep geraak en baie geleer.
“Manser wou met sy fiets om Afrika ry om aan homself te bewys hy kan so ‘n uitdaging suksesvol voltooi. Bol is as driejarige in die oorlog in Soedan van sy ouers geskei. Sy boek dokumenteer sy reis deur Afrika van vlugtelingkamp na vlugtelingkamp tot in Pretoria waar ‘n afgetrede Afrikaans-onderwyseres, Sannie Meiring, hom blyplek en ‘n rekenaar gegee het sodat hy sy lewensverhaal kon skryf – ‘n verhaal van ontbering en volharding.
“Ewe inspirerend was Randy Pausch se The Last Lecture, ‘n boek vol lewenslesse wat die Amerikaanse professor vir sy kinders geskryf het nadat hy gehoor het hy is sterwend aan pankreaskanker. Dis die boek en Joel Osteen se Your Best Life Now wat my laat besef het dat net ek iets aan my ongelukkige lewe kan verander. Deur die toepassing van die beginsels wat ek in die boeke raakgelees het, het ek my lewe handomkeer verander, op persoonlike vlak en op loopbaanvlak.
“Hierdie vier boeke het my geleer dat enigiets moontlik is wanneer jy jou ingesteldheid verander.”
Wilhelm Jordaan
‘n Wyse en belese professor in sielkunde en gewilde rubriekskrywer in Beeld en Die Burger, alombekend as “die volksghoeroe”.
“Daar is so baie boeke om van te kies, maar ek kies een wat ek te vroeg in my lewe gelees het en toe later weer met ‘n insig wat tot ‘n apologie gelei het!
“Terug na die 1950’s (in ‘n seunskool in Bloemfontein) met Frederik van Eeden se De Kleine Johannes as voorgeskrewe boek vir st. 9-Afrikaans (graad 11). En terug na die klaskamer waar my onderwyser, wat taal soos ‘n beminde liefgehad het, sê: ‘Lees die boek aandagtig, dan gesels ons volgende week daaroor.’
“Ek lees en reken ek begryp dit: ‘n sprokie oor hoe jy in die lewe vorder van ‘n knapie tot ‘n jong man. Maar die voorliefde vir gekskeer en sport, ‘n bruisende adolessensie en die meegaande soort ‘klierkoors’ (waarvoor antibiotika nie help nie!) laat nie ruimte vir nadenke en lewenstoepassing nie.
“Wat my eintlik interesseer, is dat Johannes verlief raak op ‘n meisie (Robinetta – wat ek, tot vermaak van jiIlende maats, ‘rowwe Netta’ noem). Maar, helaas, daar gebeur nou nie eintlik iets tussen hulle wat ‘n seun se eenrigting-verbeelding prikkel nie.
“Later lees die onderwyser gedeeltes uit die boek voor. Ek kan sien hy is plek-plek aangedaan. ‘Seuns, weet julle waaroor dit gaan?’ vra hy. ‘Dis ‘n allegorie wat vra: Watter krag gee rigting aan jou lewe – die droom, die rede of die liefde?’
“Opeens, met oë wat effens nat is, weet ek waarvan hy praat. Maar verset my teen die soort emosie wat seuns nie vir mekaar (mag) wys nie. As ‘n vorm van verweer skryf ek later ‘n vernuftige, verspotte opstel oor die ‘allergoortjie’ waarin ek die karakters tot kraters verklaar. Skryf my onderwyser onderaan: ‘De Kleine Wilhelm, hiervoor kry jy ‘n goeie punt, maar dit is tyd dat jy grootword. Van ‘De Kleine Johannes’ verstaan jy bitter min.’
“Jare later lees ek die boek weer. Met ander oë. Daarom, my reeds ontslape meneer, nou dat ek iets meer verstaan van die droom, die rede en die liefde, my apologie.”
Lesersforum
Watter boek (fiksie of nie-fiksie) het jou lewe verander?
Sone Vollgraaff
The Shack deur William P. Young. Ek was in 2009 vir ‘n jaar in Engeland en het toe die boek gelees. Dit was ‘n geestelike ervaring en het my sommer weer met nuwe oë na my geloof laat kyk. In die vreemde was my geloof my anker. Alison Botha se storie, I have Life, was ook inspirerend.
Karen Radley
Dis ek, Anna. Ek kan my met die boek vereenselwig omdat ek ook deur so iets was en presies weet wat die skrywer sê! Dit leer ‘n mens om te praat oor wat met jou gebeur het en so kan jy ander help wat dieselfde deurgemaak het.
Carin Joubert
Kind van Versoening deur Francine Rivers. Dit het my intens laat nadink oor aborsie na ‘n verkragting en het my uitkyk verander.