ShowMe South Africa

Pink Trees for Pauline #doekwithadifference in assosiasie met KANSA

Pink Trees for Pauline begin die 2018 dryf weer in September, maar vanjaar is die projek vernuwe met #doekwithadifference (‘n kopdoek of serp) in assosiasie met die Kankerassosiasie van Suid-Afrika (KANSA).

Pink TreesDie projek streef daarna om fondse in te samel spesifiek vir versorgings- en ondersteuningsprogramme vir kankerpasiënte en diegene wat deur kanker geaffekteer word.

Adri Jansen van Nieuwenhuizen, Besturende Direkteur van Pink Trees for Pauline, verduidelik “Individue en maatskappye kan steeds die projek ondersteun deur die kenmerkende pienk materiaal te koop teen R25 per meter en dan bome daarmee toe te draai. Ons is baie opgewonde oor die toevoeging van #doekwithadifference wat verkoop word teen R70 elk om fondse te genereer.  Hierdie doeke is ook beskikbaar in groen. Ons hoop om die koppe te laat draai en bewusmaking te bring vir die uitdagings wat mense wat kanker veg in die gesig staar, asook hulle reg tot toegang tot kankerbehandeling.”

Pienk materiaal en Doeke is beskikbaar by alle KANSA Sorgsentra landwyd (https://www.cansa.org.za/cansa-care-centres-contact-details/).  Pink Trees for Pauline en KANSA hoop om individue en maatskappye te inspireer om materiaal en doeke te koop en te verkoop om fonde te genereer.

“Hierdie is ‘n opwindende spanbou-geleentheid, en maatskappye groot of klein kan self addisionele inisiatiewe begin soos ‘#doekdinsdag of #toegedraaiinhoop. #doekwithadifference moedig deelname aan deur kollegas en individue uit te daag om foto’s in hulle pragtige pienk en groen kopdoeke of serpe aanlyn te publiseer onder die hutsteken. Sommige maatskappye reël selfs kompetisies vir wie die meeste material of doeke verkoop.  
Kopdoeke vir vroue (iDhuku) word reeds geassosieer met Afrika kultuur en word gedra vir kulturele-, geloofs- en mode redes.  Die styl van hoe die doek om die kop gebind word verskil van kultuur tot kultuur. Ons sien uit daarna dat mense van alle kulture in Suid-Afrika hierdie inisiatief sal omarm om sodoende hulle krag en invloed te simboliseer.” het van Nieuwenhuizen bygevoeg.

Gedurende 2017 was Pink Trees for Pauline aktief in sowat 140 dorpe met ‘n geskatte populasie van ongeveer 4,5 waarvan ± 75% van voorheen benadeelde gemeenskappe was.  KANSA gebruik alle fondse wat gegenereer word deur die projek vir akkommodasie van pasiënte tydens kankerbehandeling, tuis-gebaseerde behandeling, voedingskemas asook opleiding van maatskaplike werkers, prostese, pruike en rolstoele.

Kontak jou naaste CANSA Care Centre, tolvry op 0800 22 66 22 of epos: info@cansa.org.za of besoek www.cansa.org.za om jou “Doek with a difference” of pienk material te koop.

Vir meer inligting oor die 2018 Pink Trees for Pauline projek kontak Adri Jansen van Nieuwenhuizen op adri@pinktrees.co.za.

Share

I Love ShowMe
Facebook
Twitter
LinkedIn
WhatsApp
Telegram
Pinterest

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.