ShowMe South Africa

Slaan jou Slegte Gewoontes Plat voor dit jou plat slaan

Breek ou slegte gewoontes

Breek ou slegte gewoontesHier Is 10 Goed Wat Jy Vandag Nog Kan Begin Doen

Die meeste van ons het een of ander slegte gewoonte. Dalk is soetigheid jou swak, of miskien rook… Watookal die gewoonte is, jy kan dit verander!

Ons almal het een of ander slegte gewoonte. Die goeie nuus is dat jy dit kan hokslaan!

Jy kan 2023 al die slegte gewoontes hokslaan en ‘n nuwe blaai omslaan.


Hier is 10 goed wat jy vandag nog kan doen.
Slaap genoeg en kry maniere om jou stres te hanteer

Navorsers sê ons kan nie versoekings weerstaan wanneer ons moeg of gestres is nie. Probeer daarom. genoeg slaap en kry maniere om stres te hanteer.

Byt vas – vir lank genoeg

Moenie te gou moed verloor nie. Volgens studiebevindings neem dit gemiddeld 66 dae om ‘n gewoonte te verander.

Jy moet dit wil doen

Neem jou vas voor dat jy die gewoonte gaan breek. Jy gaan nie ophou rook of soetgoed eet omdat iemand anders jou voorsê nie. Maak seker jy wil dit doen.

Wees spesifiek oor wat jy wil regkry

Dis belangrik om spesifiek te wees oor watter gewoonte jy wil breek of skep. Dis te vaag om te sê jy wil meer oefen. Besluit vooraf dat jy elke dag twee keer vir 10 minute wil gaan stap en dit elke week wil opstoot.

Weet wat jou snellers is

Herken die snellers vir jou slegte gewoontes. As jy ‘n roker is, is dit miskien ‘n koppie koffie wat jou sneller. Soetgoed is dalk jou kruk as jy verveeld of eensaam is. Maak seker jy verstaan wat die bal aan die rol sit.

Breek die patroon van jou gewoonte

Drink tee as koffie jou lus maak vir rook. Pak jou oefenskoene in kantoor toe en stap twee keer per dag om die gebou as jy weet dat jy sukkel om by die gim uit te kom.

‘n Plan B is ‘n moet

As jy minder wil drink, bestel ‘n “mocktail” en maak seker daar is geen alkohol in jou huis nie. Hou werksgesellighede na-ure so kort moontlik.

Hou Moed!

Wees geduldig en begin geleidelik met klein uitdagings.

Onthou hoekom jy hierdie gewoonte wil breek

Herinner jou gedurig daaraan hoekom jy dit doen. As jy fikser is, gaan jy saam met jou kinders pret kan hê. As jy ophou rook, is jou kanse groter om jou kleinkinders te ontmoet.

Kry professionele hulp

Kry professionele hulp soos ‘n afrigter, medikasie om op te hou rook, of ‘n terapeut om vas te stel wat jou gewoontes dryf.

Oorpronklike Berig: RooiRose

Share

I Love ShowMe
Facebook
Twitter
LinkedIn
WhatsApp
Telegram
Pinterest

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.