Teks: Irmadu Toit. Artikel uit die November 2015 uitgawe van rooi rose Tydskrif.
Dis traumaties as n hond sy tande in jou vleis insink, maar kry jy op die koop toe klem-in-die kaak, is dit ‘n nagmerrie van ‘n pynlike aard.
Se “klem-in-die-kaak’ en dit klink soos ‘n punchline van ‘n platterige grappie. Maar praat van “tetanus” en dit klink sommer gewigtig. Wel, die dag wanneer jy ‘n mak bond se kop – of poot-streel en hy haak af en byt jou in die gesig, word die grappie ‘n nare werklikheid.
Dis wat met my gebeur het.
So aan die einde van verlede November het ons vir ‘n musiek- vertoning van Pretoria na Potchefstroom gereis. Dit was heerlik, en natuurlik het ons na die tyd ‘n bietjie saam met ou vriende geeet en gekuier, en het ons by ‘n gastehuis oornag, want vir terugry Gauteng toe het niemand kans gesien nie.
Vriendelike mense by die gastehuis. Vriendelike huisdiere. Almal het rustig buite op die stoep gesit vir ‘n loopdop en laaste geselsie, en tussendeur die kat gestreel, met die papegaai gesels, en die huis se silwergrys weimaraner bewonder. ‘n Lieflike, rustige hond.
Hy’t langs my kom sit en sy poot op my knie gesit, soos goed gemanierde honde mos doen. Ek het hom eers oor die kop gestreel en toe so gevat aan die been waaraan die vriendelike poot vas is. Soos ek met ons honde ook doen. So ‘n bietjie kielie-kielie, en hulle hou gewoonlik sommer baie daarvan.
Die volgende oomblik, heel uit die niks, het hy – kom ons noem hom Willem, die weimaraner – hard gegrom en my vol in die gesig gebyt. Vyf tande in die kaak, wangen mondhoek ingeslaan. Gelukkig was ek verstar van skok en het nie weggeruk nie dit is wat dikwels erge skeurwonde veroorsaak, het die dokter later verduidelik.
Dis eers toe die bloed begin spuit dat die res van die geselskap beset het iets is fout. Ek het soos Lot se soutpilaarvrou daar gesit, te geskok om ‘n woord uit te kry. Die man van die huis het dadelik opgetree en Willem aan sy halsband weggetrek en iewers heen verban.
Die res het geskarrel om handdoeke, watte en nog wat bymekaar te maak. Hospitaal toe was die enigste oplossing.
Die gastehuis was op ‘n plaas sowat 30 km buite die dorp. Omdat die res van die geselskap effe onder die prop was, moes ek boonop bestuur. Ek het darem geselskap gehad, een brawe siel wat langs my gesit het met ‘n handdoek teen my gesig om die bloed te stop.
By die hospitaal het die jong dokter onmiddellik, sommer nog in die voorportaal omtrent, vir my ‘n anti-tetanus-inspuiting gegee.
“Wanneer laas het jy jou vorige anti-tet gehad?” wou die verpleegster weet. Ek moes my kop skud. Helaas. Ek het nog nooit een gehad nie. “Nie eens op skool nie? Almal kry dit deesdae! Dis al jare lank ‘n verpligte inenting op skool!” het sy met my geraas. Nope. Ek was vir seker daardie dag seker afwesig.
Die jong dokter was prakties en ferm. “Teater toe met jou,” het hy dadelik besluit. My arme dronkerige vriend wat saamgery het, moes al die vorms invul. Gelukkig was my mediese fonds- kaarten ID alles in my handsak.
Eers is al die wonde goed doodgespuit. Dit was dem seer. Toe het my Indiese dr. Yummy versigtig elke gat tot in die donkerste dieptes skoongemaak en ontsmet. Een hondetand het tot op die kakebeen ingesink, ‘n ander een het my mondhoek oopgeskeur. Die ander drie was eiders versprei. Een in die nek – hy kon ‘n aar raakgebyt het! en die ander soos slangpikke langs mekaar in die wangvleis.
Dr. Yummy het heeltyd kalm vertel hoe gelukkig ek is dat Willem nie ‘n oog of selfs my neus of tong gevang het nie. Toe het hy met Job se geduld elke gat begin toewerk. Indier-dokters is bekend om hul fyn handewerk, dis asof hulle borduurwerk doen wanneer hul jou wonde toesteek. (En ja, werklik, agt tot tien weke na die bytery kon jy amper nie sien daar was ooit trauma in my gesig nie. Dis net die een mondhoek wat so ‘n effense glimlag bygekry het.)
Sowat twee uur later was ek gereed om ontslaan te word.
Ek moet maar oplet vir nagevolge, het hy gewaarsku. Mense kry nie meer deesdae sommer tetanus van hondebyte nie, meer van geroeste spykers of doringdraadkrappe. Tensy die hond om een of ander rede besmet is. Veral as hy toegang het tot vuil grond, dit wil se grond waarop daar diere-ontlasting en ander aardighede rondle. Wei, dit is ‘n plaas. het ek vaagweg gedink. Maar my nie verder bekommer nie.
Willem was, egter. Besmet. Hy het ‘n oop seer op sy elmboog gehad waarvan die eienaars nie bewus was nie en het een of ander bakteriele infeksie opgedoen. Dit was toe ek aan daardie pynlike wond op sy been raak dat hy uit reaksie gehap het. My gesig was net in die pad. Let wel: hy was nie hondsdol nie, dit is ‘n gans ander storie.
Sowat vyf dae later het die spierpyne begin. Die aanvangstydperk vir tetanus en die verskyning van die simptome is enigiets van drie tot 21 dae nadat jy met die bakterie Clostridium tetani geinfekteer is. Die gemiddelde aanvang van simptome is sowat tien dae, maar soms kan dit net 24 uur wees, of selfs twee maande, hang af hoe akuut die infeksie is.
“Maar mense kry nie meer klem-in-die-kaak nie,” hoor jy gereeld. Wel, dit gebeur. En dit is een van die gevaarlikste bakteriele ontstekings in omloop, want benewens ’11 voorkomende anti-tetanusinspuiting elke tien jaar, is daar heeltemal niks wat die mediese wetenskap vir jou kan doen nie.
Tetanus is miskien nie so wydversprei soos malaria en tering nie, maar die kanse om daarvan te sterf is die hoogste van enige nie-karsinogeniese siekte.
Meer as 30% van mense wat tetanus opdoen, gaan dood. Ek bet sowat twee maande nadat ek dit gekry het, vir ‘n doktersvriend wat in Australie woon, daarvan gese. “En jy leef nog?” was sy geskokte reaksie. “Jy’s d*n*rs gelukkig!”
Mense in Australie kry blykbaar nie tetanus nie.
Om te se dat tetanus jou lewensgehalte en beweeglikheid inperk, is ‘n reuse-eufemisme. Dit le jou so te se lam. Op die ergste was dit onmoontlik om te loop. Jou bobeen- en kuitspiere wil eenvoudig nie werk nie, en in die middel van die nag kry jy sulke spasmas dat jy omtrent in die fetusposisie moet le om dit te verlig en asem te kan kry. Selfs om op jou skootrekenaar te tik, is onmoontlik. Jou onderarmspiere weier volstrek om, wel, te strek.
In die Middeleeue – en selfs daarna het dokters en priesters gedink mense met tetanus is van die duiwel besete, want hul liggame het in die allervreemdste vorms vervorm. (Daar is ‘n 1809-skildery deur sir Charles Bell van ‘n soldaat met tetanus, sy gesig vertrek van die pyn, hande inmekaargebal en sy rug in ‘n boog gekramp soos die res van sy lyf se spiere saamtrek. Nie ‘n mooi prentjie nie.)
Antonio Carle en Giorgio Rattone van die Universiteit van Turyn het die oorsaak van die siekte in 1884 bepaal. ‘n Entstof is in 1924 ontwikkei. Gevolglik was die aantal tetanus-gevalle in die Tweede Wereldoorlog aansienlik minder, maar in alle oorloe daarvoor het tetanus onder die soldate gemaai.
Natuurlik gee hulle jou medisyne soos spierverslappers en pynpille. Maar dit maak jou nie gesond nie, dit verlig net die simptome. Dikwels gaan tetanus ook met verhoogde bloeddruk, hartkloppings, sweet en koors gepaard.
Dis nou byna ‘n jaar later. En soms, net soms, loop ek in ‘n inkopiesentrum en moet skielik soek vir ‘n stoel, of dubbelvou en my bene vashou, want daar is ‘n skielike kramp.
Maar danksy dr. Yummy se vinnige optrede in Potch se Mediclinic-ER en my huisdokter se noukeurige hulp na die tyd, is die onvoorsiene nagmerrie nou verby.
Ek sal nooit weer vir ‘n klem-in-die-kaak grappie lag nie.
Wat veroorsaak tetanus?
Die ernstige infeksie word deur die bakterie Clostridium tetani veroorsaak en het ‘n toksiese effek op die brein en senustelsel. Dit lei tot erge pyn en spasmas in die gesig-, bors- en ander spiere, veral arms en bene. Die woord “tetanus” stam van die Griekse woord “tetanos” af wat beteken “om te strek” of “styf” (Engels: “taut”).
Wie kry tetanus? Hoofsaaklik mense wat nie ingeent is met die anti-tetanus-entstof nie, en blootgestel word aan besmette diere of grond, geroeste yster soos ou spykers en doringdraad. Dit kom gewoonlik by ouer mense voor, asook by landbouwerkers wat baie met diere-faeces in kontak kom.
Wat is die simptome? Die bekendste, of mees algemene, is aanvanklik ekstreme styfheid in die kaak, nek en bors, maar ander spiere en uiteindelik die hele liggaam, word ook aangetas.
Is tetanus aansteeklik? Nee, nie van mens tot mens nie.
Hoe word jy gesond? Benewens die voorkomende entstof, kan daar niks aan gedoen word nie. Die pasient “has to ride it out”, soos die dokters gewoonlik se. In ernstige asemnood vanwee borsspierspasmas, kan die pasient op ‘n ventilator gesit word vir gemak, maar dit maak nie die siekte gesond nie.
Hoe lank werk ‘n anti-tetanus-inenting? Sowat tien jaar, maar dis goed om so elke vyf jaar vir ‘n opkikker te gaan, veral as jy tevore reeds tetanus opgedoen het. Teen jou dertigste jaar moes jy minstens al drie anti-tetanus-inspuitings gekry het.